
- ’n Ses weke werkswinkel vir paartjies -
Verstaan jy my?
Hoe emosionele intelligensie verhoudings verbeter.
Wat Hierdie Program Uniek Maak
Hierdie 6-weke program is dieper as teorie, dis 'n praktiese wenresep wat julle sal help om:
julle drome en doelwitte as 'n paartjie saam te bou
mekaar se emosies beter te verstaan
konflik gesond te hanteer
respekvol te gesels
gesonde grense te stel
finansiële harmonie te bou
weer as ’n span hande te kan vat
misverstande en terugkerende konflikte
gevoel dat julle mekaar misverstaan
kommunikasie wat vinnig eskaleer
emosionele afstand of spanning
negatiewe patrone wat oor en oor herhaal
’n verhouding wat weer veilig en naby voel
gesonde gesprekke sonder spanning
meer begrip vir mekaar se emosies
’n gedeelde visie vir julle toekoms
’n gevoel van veiligheid en spanwerk
Hoe Hierdie Werkswinkel Verhoudings Verander het
“Die Sterker Verhoudings metodes is prakties en transformerend. Ons was vasgevang in patrone wat ons teruggehou het, maar die proses het ons gelei om nuwe perspektiewe te sien en op ’n meer oop en doelgerigte manier te dink.”
Anoniem
“Dankie vir jou geduld, jou insigte en jou passie, Deon. Jy het my gehelp om ’n beter weergawe van myself te word, en ek sien uit na die pad wat voorlê.”
Anoniem
“Ons het al vir maande langs mekaar verby geleef. Elke gesprek het in ’n misverstand geëindig. Hierdie werkswinkel het ons weer op dieselfde bladsy gebring. Deon het ons met soveel geduld gelei dat ons albei weer veilig en gehoor voel. Vir die eerste keer in lank voel ons soos ’n span.”
Marisa en Johan
Die werkswinkel is verdeel in spesifieke weke, elk met ’n unieke tema wat fokus op ’n kern aspek van verhoudings:
Elke verhouding het ’n visie nodig. Hierdie week help julle om gedeelde drome saam uit te werk en struikelblokke uit die pad te ruim.
Leer hoe om jou eie emosies en die van jou maat beter te verstaan, en hoe dit jul verhouding kan versterk.
Ontdek hoe elke verhouding deur natuurlike fases gaan. Hoe om saam hierdie oorgange te hanteer en sterker daaruit te kom.
Verhoudings word beïnvloed deur die mense om ons. Leer hoe om positiewe invloede te koester en negatiewe invloede te beperk.
Hierdie week fokus op gesonde gesprekvoering, konflik hantering, en hoe om moeilike gesprekke met empatie te benader.
’n Belangrike deel van enige verhouding is om finansies saam te bestuur. Hierdie week leer julle hoe om finansiële stres te verminder en saam vir julle drome te werk.
Deon Nieman
Neuro-Life Coach • Pastoraal • 30+ jaar getroud

Deon Nieman verstaan verhoudings – nie net omdat hy dit bestudeer het nie, maar omdat hy dit geleef het. Hy is al meer as drie dekades lank getroud met Jolette. Saam het hulle ’n pad van groei, uitdagings en vreugde gestap, en hulle twee seuns, Gideon en Rust, grootgemaak tot jong manne wat hulle inspireer.
Hy weet dat verhoudings nie altyd maklik is nie. Hy weet hoe dit voel om deur moeilike tye te stap – en hoe dit is om aan die ander kant uit te kom, sterker en meer verbind as ooit tevore. Dis hierdie reis wat hom dryf om ander te help.
“Ek gaan nêrens heen nie, ons kan net sowel hieraan werk” gaan jy baie hoor.
Met sy passie vir groei en harmonie, het Deon ’n program geskep wat paartjies help om nie net ou seer aan te spreek en nuwe uitdagings te hanteer nie, maar ook die klein oorwinnings te vier wat ’n verhouding laat blom.
Deon se werk kombineer:
emosionele intelligensie
praktiese kommunikasievaardighede
konflikhantering wat veilig voel
grense wat verhoudings beskerm
sagte begeleiding sonder oordeel
Hy skep ’n ruimte waar paartjies weer kan asemhaal… en weer kan probeer.
"As ek die bes moontlike weergawe van myself is, maak ek die lewe meer draaglik vir myself én vir die mense om my."
Hy glo dat sterk verhoudings die fondament is van ’n vervullende lewe – die plek waar ons liefde, steun en die moed vind om elke dag aan te pak. Hy verstaan dat paartjies dikwels nie net oplossings soek vir uitdagings nie, maar ook maniere wil vind om nader aan mekaar te groei en saam betekenis te skep
Bespreek Julle Plek vir die 6-Weke Werkswinkel
3 Maart – 7 April 2026
Maandae om 19:30
6 aanlyn sessies (±90 minute elk)
Live via Zoom
Paartjie - R2400
Ideaal vir julle as julle…
beter met mekaar wil kommunikeer
konflik sagter wil hanteer
saam wil groei
’n gesonder, meer veilige verhouding wil bou
Ingesluit:
6 live sessies
Praktiese opdragte
Kommunikasie-oefeninge
PDF-hulpmiddels
Toegang tot e-pos ondersteuning
Bespreek Jou Plek vir die 6-Weke Werkswinkel
3 Maart –7 April 2026
Maandae om 19:30
6 aanlyn sessies (±90 minute elk)
Live via Zoom
Enkellopend - R1 350
Ideaal vir jou as jy…
op jou eie wil groei
jou eie emosies wil verstaan
jou kommunikasie wil verbeter
deel is van ’n verhouding, maar alleen leer
Ingesluit:
6 live sessies
Praktiese opdragte
Kommunikasie-oefeninge
PDF-hulpmiddels
Toegang tot e-pos ondersteuning
Elke verhouding verdien ’n tweede asem. Ontvang eenvoudige, liefdevolle riglyne om weer nader aanmekaar te beweeg
Skryf my asb in vir die gratis wenke
Naam en Van
Email Adres
Kontak vir Deon
Vinnige Skakels
Privacy Policy
Terms & Conditions
Refund Policy (optional)
© 2025 by Uncaged.co.za
Built with systeme.io
’n Kort proses vir ’n groot verskil in julle verhouding.
Dis makliker as wat jy dink!
1. Vul jou naam & e-pos op die registrasieblad in
Ons bespreek jou plek.
2. Kies: Paartjie (R1400) of Enkellopend (R750)
Geen groot vorms om in te vul nie, geen drama nie.
3. Betaal per EFT of PayFast
Die besonderhede is op die registrasie vorm.
4. Kry jou bevestiging per e-pos & WhatsApp
Met die Zoom-skakel, datums en alles wat jy nodig het.
As iets gebeur en jy kan nie bywoon nie? Geen stres nie, jou plek skuif outomaties na die volgende beskikbare datums. Dus, geen mors van geld nie.
Verstaan jy my?
’n Vraag wat elke verhouding raak.
Soms word dit sag en versigtig gevra. Ander kere gefrustreerd… of selfs uit pyn. Maar wat dit ook al klink - dit kom altyd terug na dieselfde behoefte: om regtig gehoor, gesien en verstaan te word.
In hierdie 6-weke werkswinkel skep ons ’n veilige, rustige ruimte waar julle kan:
beter luister én gehoor word
emosies en behoeftes duideliker verstaan
konflik kalmer en meer verbind hanteer
ou pyn aanspreek wat dalk nog stil tussen julle leef
nuwe patrone bou wat julle verhouding elke dag sterker maak
Ons gebruik emosionele intelligensie (EQ) as die anker sodat julle nie net die groot struikelblokke aanpak nie, maar ook die klein oorwinnings beheer wat groei moontlik maak.
Daar is altyd ’n pad vorentoe. En julle hoef dit nie alleen te loop nie.
Klik hieronder om aan te sluit of jou plek te bespreek.